Robert Pattinson

Robert Pattinson
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Pattinson in Mei 2014 op die Cannes-rolprentfees.

Geboortenaam Robert Douglas Thomas Pattinson
Geboorte 13 Mei 1986
Londen, Engeland

Robert Douglas Thomas Pattinson[1] is 'n Engelse akteur, model, musikant en rolprentvervaardiger.[2] Pattinson het sy loopbaan begin met 'n rol as Cedric Diggory in Harry Potter and the Goblet of Fire.[3] Hy het later die hoofrol vertolk van die vampier, Edward Cullen in die Twighlight Saga-filmreeks geskryf deur Stephenie Meyer.[4][5] Hierdie rol het hom gevestig as een van die hoogs betaalde akteurs in Hollywood en het groot beroemdheid meegebring.[6][7][8] In 2010 is Pattinson benoem as een van TIME se '100 Mees Invloedryke Mense Ter Wêreld', en in dieselfde jaar het Forbes hom gelys in die Forbes Celebrity 100.[9][10][9]

In 2009 het hy die rol vertolk van Salvador Dalí in Little Ashes. In dieselfde jaar is 'n dokumentêr met die titel Robsessed[11] vrygestel oor sy beroemdheid en gewildheid. Hy het verskyn as 'n jong man met baie probleme in Remember Me, en het ook verskyn in die romantiese drama Water for Elephants in 2011. Sy vertolking van die rol as a tawwe, gevoellose en berekende miljardêr in David Cronenberg se Cosmopolis in 2012, het hom baie lof besorg. Hy het verder waardering ontvang van sy rol in David Michôd se futuristiese film The Rover en in Cronenberg se satiriese drama Maps to the Stars (beide in 2014).

Pattinson is geskeduleer om te verskyn in Werner Herzog se Queen of the Desert, Anton Corbijn se Life, Olivier Assayas se Idol’s Eye[12] en in James Gray se The Lost City of Z.

Pattinson speel en skryf ook sy eie musiek.

Hy is 'n ondersteuner van ECPAT International,[13] Parents and Abducted Children Together (PACT),[14] GO Campaign en is 'n lid van International Medical Corps.[15] Hy dra ook by tot kanker bewusmakings veldtogte.

  1. "Getting to know the "Twilight" actors". Newsday.com. 2008. Besoek op 20 April 2018.
  2. Gina McIntyre (9 Oktober 2008). "Robert Pattinson on his 'Twilight' songs: 'Music is my backup plan if acting fails'". Los Angeles Times. Besoek op 1 Februarie 2009.
  3. Sona Charaipotra (14 November 2008). "A Night Out With Robert Pattinson". New York Times. Besoek op 11 Februarie 2009.
  4. Rebecca Murray (31 Julie 2008). "Robert Pattinson Discusses 'Twilight'" (in Engels). About.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Julie 2017. Besoek op 11 Februarie 2009.
  5. Hillary Atkin (16 November 2008). "Exclusive Interview: Robert Pattinson" (in Engels). Fandango. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Augustus 2010. Besoek op 11 Februarie 2009.
  6. Peter Newcomb (Maart 2010). "Peter Newcomb on the Top Hollywood Earners of 2009". Vanity Fair (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Desember 2014. Besoek op 10 Julie 2010.
  7. Dorothy Pomerantz. "Robert Pattinson" (in Engels). Forbes. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2020. Besoek op 10 Maart 2012.
  8. Pomerantz, Dorothy (6 Desember 2011). "Hollywood's Best Actors for the Buck" (in Engels). Forbes. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Februarie 2020.
  9. 9,0 9,1 "#50 Robert Pattinson - Forbes.com". www.forbes.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Oktober 2019. Besoek op 20 April 2018.
  10. Chris Weitz (29 April 2010). "The 2010 Time 100: Robert Pattinson". Time (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Augustus 2013. Besoek op 2 Mei 2010.
  11. "Robsessed" (in Engels). 16 November 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Februarie 2017. Besoek op 20 April 2018 – via www.imdb.com.
  12. http://olivier%20Assayas%20se%20Idol’s%20Eye
  13. "ECPAT International". ECPAT International (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 April 2000. Besoek op 20 April 2018.
  14. "Action Against Abduction". Action Against Abduction (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 September 2015. Besoek op 20 April 2018.
  15. "International Medical Corps – First there, no matter where". International Medical Corps (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2020. Besoek op 20 April 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search